Waterblommetjie bredie
1,5 kg Dik rib (skaap) n blokkies gesny
2 Liter water blommetjies, gepluk wannneeer blomme oop is.
2 middelslap uie fyn gekap
1 groot suur appel in  dun skyfies gekerf
450 gram aartappels in skyfies gesny
250 ml water
250 ml droe wit wyn
5 ml ( 1 teelepel) suiker
12,5 ml ( 1 eetlepel) sout
2 ml peper
olie vir braai
Pluk blomme van die stingel af en verwyder die harde gedeeltes. Laat oornag in sout water week. Dreineer goed en was deeglik onder die koeue kraan om enige sand te verwyder. Sit die waterblommetjies in ;n kastrol met koue vars water en verhit vinnig tot kookpunt. Dreineer. Verhit die olie in ;n groot kastrol en braai uie goud bruin. Geur vleis met sout, peper en suiker en sit terug in kastrol. Voeg die wyn, aartappels en appel in water by en laat 1 tot 2 uur prut met die deksel op tot vleis s is. Voeg nog kookwater by as benodig.Bedien daadlik met gekookte reis.