Gebak

Koeksisters

Deeg
480 gram meelblom
50 ml (2 eetlepels) botter of margarien
2 eiers
250 ml melk
30 ml ( 6 teelepels) bakpoeier
2 ml south
olie vir bak

Stroop
800 gram suiker
375 ml water
2 ml kremetart
2 ml fyn gemmer
3 stokkies kaneel

 

 

 

Maak eers die stroop.
Vehit die water in 'n kastrol. Voeg suiker by en laat dit oplos. Voeg kremetart , gemmer en kaneel by. Kook 5 minute lank sonder deksel. Moenie roer nie. Verkoel in koelkas.

Maak die koeksisters

Sif droe bestandele. Voeg botter of margarien by en vryf in met vinger punte tot dat dit soos fyn krummels lyk. Klits die eiers en melk en voeg by droe bestandele. Meng deeglik. Knie liggies tot elasties vir 2 minute. Bedek met waspapier en laat vir 1 uur staan. Rol deeg uit. (7,5 mm tot 10 mm dik) Sny in lang repe van 80 mm by 40 mm. Vleg die repe liggies en heg die lospunte. Verhit die olie tot 190 grade celsuis. (350 grade Farenheit). Diepbraai koeksisters vir 1 minuut lank. Haal uit die olie. Dreineer op bruin papier vir 1 minuut en sit 30 sekondes daarna in koue stroop. Haal uit die stoop en sit op bord om droog te word.

LW. Hanteer deeg liggies en bak koeksisters so gou moontlik nadat dit gevleg is. Gebruik bietjies stroop op 'n slag om te sorg dat temperatuur konstant bly. Moenie te veel koeksisters op 'n slag gaarmaak nie.

 

MELKTERT

Kors
  • 1 en 1/4 koppie meelblom
  • 3 teelepels bakpoeier
  • Knippie sout
  • 1/4 koppie suiker
  • 1/4 lb botter
  • 1 eier
  • 1/4 koppie melk
Meng en smeer in gesmeerde tertbord
Vulsel
  • 1 eetlepel hoogvol maizena
  • 2 eiers (geskei)
  • 3 koppies melk
  • 4 eetlepels suiker
  • 1 eetlepel meelblom hoogvol
  • 1 eetlepel botter
  • knippie sout
  • 1 teelepels vanilla
Kook en voeg geklopte eier wit laaste by. Bak om-en by 20 minute (Matige oond).  Strooi kaneel bo-op as dit uit die oond kom.

 

Koeksisters