Afrika Trein Safaris |
Was
u al by Bloedrivier,Magersfontein?.Die
toere is baie uniek in die sin dit is glad nie gerig op die oorseese mark nie
maar vir ouers en hulle kinders wat so naweek kan bekostig. Kinders kry weer
geleentheid om kettie te skiet en kleilat te gooi by Bloedrivier. Ons het ‘n
tradisionele Boere orkes die van Danie Grey wat ons op die toere vergesel. Ons
volgende toer is in April 27 tot 29 na Bloedrivier. Ons lę ook besoek af by die
Talana museum waar die Boere die Engelse ‘n drag slae gegee het wat hulle
nooit sal vergeet nie. Die koste per volwassene is R800.00 en kinders van 4 tot
16 –R300.00. Dit sluit die volgende in :
1)
retoer kaartjie –ons reis met al die toere oor die 900km
2)
5 heerlike tradisionele ete
3)
gaskunstenaar
4)
2 nagte in die trein
5)
besoek aan die Talana –museum,Bloedrivier,Zulu museum
6)
toergids
7)
sitkamerwa
8)
groot prys om te wen
9)
busritte waar nodig.
Ons
toere is veilig want ons neem ons eie personeel saam wat die trein oppas.Jy
ontmoet nuwe vriende.Dis ontspannend en die natuur tonele ongelooflik.Dis ‘n
baie bekostigbare wegbreek naweek vir gesinne ,groepe,of net ‘n
paartjie.Besoek gerus ons web : www.geocities.com/africatrains
My kontak nommers is : 011 673-8994 of tel/faks 011 477-0935.Ons e-mail :atsafari@mweb.co.za
Groete
Rudie
Rousseau